Ek wou so graag 'n liggie sien
wanneer ek in my donker huis
snags ronddwaal, slapeloos van pyn;
'n ligskyf met hul beeld daarin,
of liewer nog, hul eie self
wat in die nagwaak my verskyn.
Ek sien dan soms 'n liggie op
die muur of in 'n donker hoek,
en- 'k voel my nes in wonderland.
Maar kyk ek goed dan is dit 'n
verdwaalde straaltjie van die maan
of van 'n straatlamp wat nog brand.
Ag, hoe wysheid tower met
sy x- en violet-lig in
die donnkerheid- hy kan nie vind
'n ligglans, meer verborge nog,
waarin verskyn die beelt'nis van
'n weggestorwe lieflingskind?
Ek vra... Intussen wyk die maan,
of skielik gaan die straatlamp uit,
en dis weer orals aaklig swart;
ek gaan na bed, moeg van die soek
en moeg van peins, met net die lamp
van my gelofie in my hart.