Voor die onheilswoning en
tussen die skaars-beblaarde
soetdorings staan, in droë aarde
maar lowergroen en blink van blad,
die wag-'n-bietjie langs die pad.
Wanneer ek naderkom dan sien
ek dorings krom en reg;
'k sien takke inmekaar gevleg.
En wil ek in die blare gryp
of aan die takke breek,
dan tas ek in 'n doringnes
wat vreeslik haak en steek.
Bo al u donker bome, o Heer,
groei my 'n enk«le reusboom uit:
dit is die wag-'n-bietjie-bos
van u besluit.
Van vers o skoon, so groen, so blink...
maar hoe verward
wanneer ek dieper kyk en dink
as wat 'n sondaar pas.
En steek ek dan my hande uit
na u besluit,
dan gryp ek in die dorings vas.