Hier styg die seevog uit die werleldmeer
en dryf onsienlik vertes ingemoet
wat seen ontvang, in skaarste of owervloed;
alleen op Aden daal geen druppel neer.
'n Strepiehuise oor asgrond heen getrek,
en hoog bo hul die berg, skerp uitgetand
en swart verkoold, nes uit 'n Sodomsbrand.
Dis Aden, dis die droef-verlate plek.
Hier sien ek nou 'n stukkie wereldwee,
hier staan ek voor 'n lotsgeheimenis:
daar's baie eerstes wat die laastes is...
Die dorste berge is naaste aan die see!